
COMING SOON
Chris Du Plessis doen MOORDBALLADES en ander minder vrolike verse uit die Groot Vreseboek
Sat, May 16
|R138 - R253
Direk van die KKNK! Die bekroonde joernalis Chris du Plessis het onlangs weer op sy musikale saal geklim met melodieuse verwerkings van Afrikaanse verse uit die vorige twee eeue, “eerder as die toonsettings van die sexy sestigs wat so dikwels voorgesit word”.


Time & Location
May 16, 2026, 12:00 PM
R138 - R253
About the Event
Die bekroonde joernalis en TV-regisseur Chris du Plessis het onlangs weer op sy musikale saal geklim met melodieuse verwerkings van Afrikaanse verse uit die vorige twee eeue, “eerder as die toonsettings van die sexy sestigs wat so dikwels voorgesit word”. Die begeleidende musiek wissel van tradisionele Keltiese volksballades en Zoeloe-straatkitaar tot bluegrass en rock-’n-roll. Tussen die liedjies deur gesels en skerts hy oor die digters en die tydperke en omstandighede waarin hulle gewerk het. Op die vraag hoe hy die vertoning in een sin sou opsom: “Dis baie snaakser as wat die titel laat blyk.”
MOORDBALLADES: resensies / kommentaar
“Ek het elke oomblik van Chris du Plessis se Moordballades geniet. Hierdie produksie het bene en moet deur almal beleef word.”
Frank Opperman - akteur, musikant - 4 Februarie 2025
