VERTONINGS | PERFORMANCES
DIE DOOD VAN DIE FOUNMANNETJIE en ander Ferdinand Deist WESKUS STORIES
Fri, Nov 07
|R184 - R322
Soos ’n bontspul vygies wat in ’n dorre Sandveldse landskap uitbars, so kleurryk is die mense wat hierdie streek aan ons land se Weskus hul tuiste noem. Sommige groots soos hul omgewing, of klein en dwaas soos mense ook maar is. Botha Enslin bring ’n keur van gewilde kontreistories.


Time & Location
Nov 07, 2025, 7:00 PM
R184 - R322
About the Event
DIE VELE GESIGTE VAN BOTHA ENSLIN IN DIE DOOD VAN DIE FOUNMANNETJIE EN ANDER FERDINAND DEIST WESKUSSTORIES
Regisseur en Vervaardiger Frans Swart | Met Botha Enslin
Die Koelkamers Teater, Kreeftestraat 1, Paternoster
Vrydag, 7 November 2025 @ 19:00
Bespreek by www.diekoelkamers.com
“Man, ou Lettie Ingelbrê het baie gedoen hier in ons buurt … bak virrie kjerkbesaar, blomme insteek by die troues, waak by die siekes … alles …haar hanne ‘t vir niks ve’keerd gestaan nie … Maar kan ‘ie ou mens vir jou geskinner ‘t! Dis nou een swak wat die ou siel gehad ‘t wat sy nie ontslae van kan geraak ‘t nie. Dit ennie vrees virrie dood...” Ja, soos ’n bontspul vygies wat in ’n dorre Sandveldse landskap uitbars, so kleurryk is die mense wat hierdie streek aan ons land se Weskus hul tuiste noem. Sommige groots soos hul omgewing, of klein en dwaas soos mense ook maar…