COMING SOON
Jak de Priester & Antoinette Pienaar | OP DIE VERHOOG
Sun, Sep 06
|R253 - R345
Jak de Priester en Antoinette Pienaar span saam vir ’n besondere en intieme verhoogproduksie vol musiek, stories en gesprekke.In hierdie unieke vertoning kuier die twee kunstenaars saam met die gehoor deur vertelling, humor en musiek.

Time & Location
Sep 06, 2026, 12:00 PM
R253 - R345
About the Event
Jak de Priester en Antoinette Pienaar op die verhoog
Jak de Priester en Antoinette Pienaar span saam vir ’n besondere en intieme verhoogproduksie vol musiek, stories en gesprekke.In hierdie unieke vertoning kuier die twee kunstenaars saam met die gehoor deur vertelling, humor en musiek.
Antoinette Pienaar deel stories en insigte oor die lewe en mense, terwyl Jak de Priester agter die klavier sy geliefde liedjies vertolk. Gehore kan ook uitsien na ’n verrassing of twee – Antoinette was immers in haar dag ook ’n begaafde sangeres.
Die vertoning beloof ’n warm en opregte teaterervaring waar musiek en stories saamvloei in ’n onvergeetlike middag op die Paternoster Waterfront by Die Koelkamers oor die Paternoster Blomme & Bubbles naweek!