top of page

COMING SOON
STAP DIT AF met Erns Grundling
Sun, Jun 21
|R138 - R299
Stap saam! Hoewel hierdie 'n Sondagmiddag vertoning is, is mense wat kaartjies bespreek welkom om saam met Erns die oggend van 08:00-09:00 aan 'n kort en ontspanne begeleide stap deur Paternoster deel te neem Ontmoet Erns by Die Koelkamers om 08h00.
Tickets Are Not on Sale
See other events

Time & Location
Jun 21, 2026, 12:00 PM
R138 - R299
About the Event
TV-aanbieder, skrywer en stapper Erns Grundling kom kuier vir die eerste keer op die verhoog by Die Koelkamers. Hy deel in hierdie openhartige praatjie meer oor die impak van stap, pelgrimstogte en reis op sy lewe en loopbaan. Die praatjie sluit ook voorlesings in uit sy kreatiewe skryfwerk en topverkoperboek, Elders (2017). Van die temas waaroor hy gesels is bewustelik leef ("mindfulness") en die positiewe gevolge van stap en oefening op psigiese gesondheid. En hy deel natuurlik ook 'n staaltjie of twee oor sy tweejarige tweelingseuns, André Jakkals en Henry Wolf. Vroeër vanjaar het Erns die Netwerk24 Smaakmakertoekenning in die Ouerskap-kategorie gewen vir sy sosiale media oor pa-wees met 'n identiese tweeling. Sy kykNET-reisprogram Elders se sewende seisoen, Elders: Ligtoringroete, is ook vanjaar met 'n gesogte SAFTA-toekenning bekroon in die kategorie "Best Lifestyle Programme" op Suid-Afrikaanse televisie.
Ontmoet Erns by Die Koelkamers om 08h00 as om te gaan stap. Dis net een uur. Dan ontmoet…
bottom of page
